Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING
Re: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING [boodskap #9853] Di, 24 Junie 1997 00:00
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Ek is koning van konsepte.
> En van hier
> waar die kragte van die tyd
> glorieryk in balans
> om my helder hede hang,
> heers ek
> oor die verlede
> en oor die toekoms.

Elke mens is die baas van sy eie lewe, gedagtes, emosies ens., en moet dus die
verantwoordelikheid daarvoor dra.

CJ Langenhoven het geskrywe:

"Die reisiger wat in die wapad verby ry by jou plaas en die krom vore sien op
jou ploegland en die kweek in jou wingerd, vra nie wie die jong van die plaas
is nie, hy verneem wie die baas van die plaas is. En die buurman in wie se
mealieland jou osse 'n oortreding gedoen het, sal nie sy skadevergoeding by jou
agtelosige beeswagter soek nie, hy sal na jou toe kom. En die oes van die
verdroogde land, sal jou oes wees.

Jy kan nie die kroon van baasskap dra en die kruis daarvan laat lê nie."

Groete,
V.
Re: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING [boodskap #9854 is 'n antwoord op boodskap #9853] Di, 24 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6/21/97 5:23AM, in message , Izak Bouwer
wrote:

Gloudina, wat 'n wonderlike gedig!
>
>  Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
>  van die son wat glorieryk om die aarde tol.
>
Dis vir my heel interessant dat die son in die suiderlike halfrond noordwaarts
beweeg in die middel van die dag, en van die noordelike halfrond sien mens die
son suidwaarts beweeg. As ons hier in die veld kringe sou loop, sou ons
natuurlike beweging "anti-clockwise" wees, terwyl dinge in the noorde
"clockwise" omgaan.

>
>  Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.

Absoluut. Daar is dié wat sê alles gebeur in dieselfde moment, maar ons kan dit
nie verstaan nie.

>
>  Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
>  en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
>  en weer in die koue planeet wegsak
>  wanneer die son rooi en oud word,
>  voor alles weer soos saad
>  in die donker kiltes van die hemel verskiet.
>
Ek wens iemand wat meer weet as ek van astronomie sou vir ons 'n teorie kan
skryf van wat hulle dink die gevolg van planetiese "gravitational force"  vanaf
5.5.2000 vir die Aarde sal beteken.  As ek 'n "planetary ephemeris" raadpleeg,
sien ek dat dit die eerste keer sal wees, in bekende geskiedenis, dat ses
planete almal in dieselfde deel van die hemel beweeg. (Sun, Moon, Mercury,
Venus, Jupiter and Saturn all in Taurus, Uranus and Neptune in Aquarius).
Hulle oefen dus 'n "pull" op mekaar uit wat geweldig gaan wees. As mens dink
hoe affekteer ons klein ou Maan die Aarde, bv., getuie ens., kan mens 'n beeld
kry van so 'n klomp grotes bymekaar.  In sy boek "Fingerprints of the Gods",
skryf Graham Hancock oor groot aardbewings, weersversteuringe en allerhande
dinge, selfs later oor die begin van 'n nuwe Ice Age en vloede soos in Noag se
tyd.  Maar sy datums stem nie heeltemaal ooreen met wat ek van die Ephemerides
kan uitwerk nie. As ek reg onthou, praat hy van die jaar 2006, of 2012, maar ek
dink hierdie "force fields" gaan baie gouer 'n uitwerking hê.
>
Ek sien uit na jou terugkoms.

Liefde groete,
Vira.

O ja, Gloudina, ek wou laas nog een van my verdraaide gedagtes aan jou geskryf
het (kom nie altyd uit by al my pos nie) oor jou man wat vegetariër is.

Is he a vegetarian because he loves animals, or just because he hates
vegetables?

:-)
Vorige onderwerp: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Tafel met 'n uitsig" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 21:16:14 MGT 2024